Hair chalking” is wanneer jy jou hare tydelik kleur met gekleurde kryt-pastelle. Dit is die perfekte oplossing as jy ’n helder kleur wil hê wat jy dadelik kan uitwas.

Probeer die Staedtler Pastel Chalks wat kom in pakkies van 12, 24, 36 en 48.

Staedtler Pastel Chalks

Let wel: Moet NIE oliepastelle gebruik nie, dit sal jou hare vlek.

Doen dit so:

1. Werk met droë hare. Vat die stukkie hare wat jy wil kleur en maak dit klam met water. Jy kan ook die pastel met water natmaak.

2. Vat die pastel en begin teenaan jou kopvel. Kleur jou hare stelselmatig in tot by die punte.

3. Gebruik 'n haaryster en stryk oor die gekleurde hare om die kleur te laat hou.

4. Moenie bang wees om met verskillende kleure en patrone te speel nie!