Dié aktrise - bekend vir haar rolle in flieks soos Charlie's Angels, He's Just Not That Into You en 50 First Dates - is nie bang om haar haarkleur te verander nie. Drew se hare was al amper elke kleur onder die son!

Dié keer het sy haar bob-haarstyl 'n byderwetse tweekleurig gemaak - 'n ryker, donkerder kleur bo met haar haarpunte wat lyk of dit letterlik in 'n ligter kleur gedoop is. En dié haartrend het 'n naam ook: die ombré!

Miskien 'n goeie keuse vir resessie-tye . . .