Met 'n finale vee van die poeierkwas staan sy daar: Audrey Hepburn in al haar glorie. Deur die dag sluit ander bekendes hulle by haar aan: Halle Berry, Sophia Loren... selfs Marie Antoinette. Hier's die top-7 ikoon-modelle. Wat sê jy?

"Marie Antoinette"

Marie Antoinette (1755-1793) - Michelle J van Bredasdorp

  • Dié vrou van die Franse koning Lodewyk XVI was 'n styl-ikoon. Maar haar onderdane het haar ook beskuldig van oordadigheid. Geskiedkundiges verskil oor die juistheid van die gewraakte opmerking, "Laat hulle koek eet", wat sy sou gesê het toe sy vertel is dat die volk honger ly. Kirsten Dunst het die titelrol vertolk in die 2006-rolprent Marie Antoinette, waarin sy as 'n eensame jong vrou tussen 'n skare mense in Versailles uitgebeeld word.
Michelle J

Sophia Loren (1934-) - Maryke Pieterse van Pietersburg

  • Dié bekende Italiaanse aktrise is een van die wêreld se beroemdste ikoniese skoonhede. Sy het op 72 nog beeldskoon in die 2007-Pirelli-kalender verskyn.
  • "Alles wat jy sien, het ek danksy spaghetti,'' is een van haar gunstelinggesegdes oor haar lyf.
Maryke Pieterse
Halle Berry

Halle Berry (1966-) - Michelle W van Johannesburg

  • Die eerste swart Amerikaanse vrou wat 'n Oscar gewen het as beste aktrise. Dit was in 2002 vir die rolprent Monster's Ball.
  • In die James Bond-prent Die Another Day (2002) verrys sy uit die see soos 'n godin met dáái oranje bikini en wit belt. Pure Ursula Andress van 40 jaar gelede (wat toe as Jinx in die Bond-prent Dr No te sien was).
Michelle W
"Liza Minnelli"

Liza Minnelli (1946-) -  Lauren Thomas van Johannesburg

  • Dogter van die legendariese silwerdoekheldin Judy Garland en regisseur Vincente Minnelli.
  • Liza het in 1972 oornag bekend geword toe sy 'n Oscar en Golden Globe vir haar rol as Sally Bowles in die rolprent Cabaret gekry het.
Lauren Thomas
"Frida Kahlo"

Frida Kahlo (1907-1954) - Maria Paymans van Stellenbosch

  • Kleurryke Mexikaanse kunstenaar bekend vir haar dramatiese selfportrette, waarin sy haar fisieke pyn en emosies uitgedruk het. Sy het as 6-jarige polio opgedoen en is op 18 erg vermink toe die bus waarin sy was, gebots het met 'n trem. Selma Hayek het die hoofrol vertolk in die rolprent Frida.
  • 'Ek het nooit drome geskilder nie, maar my eie werklikheid'

Maria Paymans


Audrey Hepburn (1929-1993) - Model: Donnet Dumas van Kaapstad

  • Een van Hollywood se groot sterre in die 50's en 60's, wat veral onthou word vir haar rolle as Holly Golightly in Breakfast at Tiffany's (1961) en Eliza Doolittle in My Fair Lady (1964).
  • Van 1988 tot 1993 was sy 'n welwillendheidsambassadeur vir die Verenigde Nasies. In 1999 het die American Film Institute haar as die derde grootste vroue-ster nóg aangewys.
Donnet Dumas
"Miriam Makeba"

Miriam Makeba (1932-) - Mirash Davis van Kaapstad

  • Mama Afrika, een van SA se mees legendariese sangeresse, het in 1959 in die musiekblyspel King Kong gesing saam met die internasionaal bekende Hugh Masekela met wie sy later getrou het. In die sestigerjare was sy die eerste sangeres wat Afrikamusiek internasionaal bekend gemaak het. Sy was sedert 1959 in ballingskap en het in 1990 op versoek van oudpres. Nelson Mandela na Suid-Afrika teruggekeer.
  • In 2005 het sy 'n afskeidstoer gegee in al die lande waar sy al opgetree het.
Mirash Davis