Ster-patrone en -motiewe oorheers tans die modewêreld. Nou is dit ook gewild vir jou naels! Ons is mal daaroor en dis boonop nie so moeilik om sélf te skep nie.

Nadat modelle twee maande gelede by die Amerikaanse ontwerper Tommy Hilfiger se modevertoning met eenvoudige silwer en goue sterre op hul naels gepronk het, het dié skitterende manikuur behoorlik vlamgevat.

So many stars, so little time. Nail design by the brilliant @nailsbymarysoul ????

A post shared by Kait Mosh (The Fashion Finger) (@kaitmosh) on

Só kan jy ’n ster-geïnspireerde naelvoorkoms self skep:

* Begin deur twee lae van ’n basiskleur op jou naels te verf. Skakerings soos vuil-oranje, goud en silwer is veral gewild. Jy kan ook net ’n deursigtige basislaag aanwend vir ’n meer minimalistiese voorkoms.

* Gebruik dan ’n vuurhoutjie om klein sterretjies in ’n naelkleur van jou keuse op jou naels te teken (ons het dit getoets en dit werk goed as jy nie professionele naelkuns-toerusting het nie). Doop eenvoudig die voorste punt van die vuurhoutjie in jou naellak en trek ’n fyn ster-patroon.

* Seël dit met ’n beskermende boonste laag.

Kyk net na dié mooi ster-manikure vir idees ...

Reach for the stars ?? Loving this look from @opi_professionals @jessicascholten_

A post shared by OPI (@opi_products) on

Wenk:

Jy kan ook stervormige blinkers gebruik en dit met ’n deursigtige bolaag op jou naels verf.

Wenk:

Blink skakerings help om jou naels groter te laat lyk.

Wenk:

Beklemtoon net een nael met ’n ster vir ’n meer subtiele voorkoms.

Het jy geweet? Dís hoekom jy áltyd naellak moet dra

Deur altyd ’n lagie naellak op jou naels te hê, selfs al is dit net ’n deursigtige basislaag, verminder jy die hoeveelheid vog wat uit jou naelplaat verlore gaan. Hoewel enige naellak ’n beskermende laag bied, bevat talle gewone naellaksoorte chemikalieë wat nadelig vir jou naels kan wees. Die heel beste plan is om altyd ’n basislaag of behandelingsnaellak aan te wend wat spesiaal ontwikkel is om jou naels te voed, versterk en beskerm. Lees meer hiér.

Seeing stars this year ????

A post shared by Lauren Elizabeth (@laurenelizabeth) on

Bronne: www.thezoereport.com, www.instyle.com