Dit is net eenvoudig onmoontlik om 'n haarstyl te kry wat nié by Angelina pas nie. Selfs met blou, pienk of grys bly sy steeds beeldskoon. Probeer die meer as 120 haarstyle (ook dié van jou gunsteling-celeb) op jou foto. Klik vir die SARIE mooimaakprogram.

HOOFFOTO REGS: Een van ons persoonlike gunstelinge: Angelina met Nicole Richie se haarstyl.

Een van die pragtige haarstyle uit die haarstylgalery van SARIE se mooimaakprogram.
Hier het ons Michelle Obama se styl gekies en dit bloedrooi gemaak!
Sharon Stone se styl is silwerdoek-mooi.
Jolie met 'n Scarlett Johansson-styl 

Jolie as Cleopatra

 


Daar was praatjies dat Jolie dalk die rol van Cleopatra, bekende koningin van die Nyl, mag vertolk in 'n biografiese rolprent: Queen of the Nile, Cleopatra: A Life. Volgens usmagazine.comhet Angelina gesê dat dit vir haar 'n eer sal wees om dié ikon te speel.

Kyk hoe lyk Angelina met die Cleopatra-voorkoms wat ons deur die SARIE mooimaakprogram geskep het! 

Jolie se hare, oorspronklik:

 

Wat dink jy werk die beste by Angie? Lewer kommentaar hieronder.