Ek hou daarvan om dinge in my lewe te vereenvoudig. Daarom bestaan my klerekas uit sowat 70% swart kledingstukke. Dis my gunsteling-kleur, want alles pas by alles!

Omdat ek so baie swart dra, is dit belangrik dat my antiperspirant geen sigbare merke of kleur op my klere agterlaat nie. Die nuwe Dove Invisible Dry Roll-On Deodorant (R18) is uitstekend! Eerstens doen dit wat dit beloof: Dit is “invisible dry”. As jy dit aanrol, word dit vinnig droog en dis glad nie klewerig nie. Dit veroorsaak ook geen merke of vlekke op my kledingstukke nie.

Dove Invisible Dry Roll-On

Nou is daar nog net een probleempie wat ek moet oplos: Hoe gemaak met my geliefde wit langhaar kat wat so graag op my skoot wil sit wanneer ek iets swarts dra? Gelukkig het Dove my lewe gedeeltelik vereenvoudig!

phyllis_green_03_small1_300w

Phyllis Green, senior fotograaf en boekeredakteur