Een van die belangrikste dinge wat jy kan doen om jou vel jonk en gesond te hou, is om sonslim te wees en elke dag van die jaar sonskerm aan jou gesig te smeer – selfs in die winter! Dermalogica se Dynamic Skin Recovery SPF 50 (R990) is ’n uitstekende sonskerm om heeljaar te gebruik omdat dit sonskade teenwerk en baie bevogtigend is. Omdat my vel in die wintermaande ekstra vog nodig het, wend ek dit in die oggende ná my vogroom aan. Danksy ’n SBF van 50 beskerm dié sonskerm my gesig tot 8 uur lank. Wanneer die lug weer vogtig begin word in die somermaande, wend ek sommer net die sonskerm aan nadat ek my gesig gereinig het. Vermy daarom eerder dié sonskerm as jy ’n olierige vel het.

Dermalogica-Dynamic-Skin-Recovery-SPF50 Dermalogica Dynamic Skin Recovery SPF 50

FOTO: Phyllis Green FOTO: Phyllis Green

Monica Pienaar, skoonheidsassistent

Nóg bevogtigende produkte vir die winter: