Lou-Ann Stone, digitale redakteur by SARIE

Blosser was nooit bo-aan my skoonheidslysie nie, totdat ek een keer op TV moes verskyn. Dit is nou maar net die waarheid dat blosser jou grimering afrond en jou daardie gesonde glans gee, selfs op daardie dae wat jy vaal voel.

Wonder jy wat die verskil is tussen blosser en verbronser? SARIE se skoonheidsredakteur, Charis Labuschagne, verduidelik.

En 'n kamera jok nie ... Sedertdien verlaat ek nie die huis sonder kleur op my wange nie. Met Elizabeth Arden Beautiful Colour Radiance Blush (R250) sit die blosser as ek saans by die huis kom steeds op my wange. Die kwassie gee lekker breë, egalige hale en daai kleur hóú. En die spieëltjie aan die binnekant van die houertjie is ideaal om saam te dra in my handsak as ek moet verfris. Dit is 'n belegging-kopie, soos 'n goeie lipstiffie!