’n Maskara moet meer as net jou wimpers kleur gee, en met Clarins Be Long Mascara (R285) kry jy beslis méér! Die borseltjie is met ’n paar grade gebuig. Dit maak die aanwending makliker, om nie te praat van die effek wat dit op jou wimpers het nie. Lang, luukse wimpers wat heeldag hou. Die kleur gaan sit nie op jou wange ná ’n paar uur nie. Jou vriendin gaan vir seker vra of jy jou 'lashes' laat doen het. Dié maskara is op my top-5-moet-hê-lys vir 2014.

clarins be long mascara Clarins Be Long Mascara (R285)

Lou-Ann

Lou-Ann Stone, digitale redakteur