Dié masker is spesiaal ontwikkel vir ’n sensitiewe vel. Die aktiewe bestanddele in Doctor Duve Anti-Aging & Boosting Face Cream (R2 000) help glo met kollageen-vervaardiging om jou vel te versterk. Dit bevat ook hialuronsuur wat help om jou vel te bevog sodat fyn lyntjies en plooie minder opsigtelik lyk.

Ek gebruik die masker een maal per week saam met my normale velsorgroetine. Die tekstuur van my vel het verbeter en ek ervaar geen rooiheid of ongemak as ek die masker gebruik nie. My vel is beslis sagter en fermer.

Beskikbaar by uitsoeksalonne van Skin Renewal.

Doctor-Duve-Anti-Aging-und-Boosting-Face-Cream-150 Doctor Duve Anti-Aging & Boosting Face Cream (R2 000)

karien labuschagnelow res

Karien Labuschagne, SARIE-leser van Pretoria