Daarom was ek maar skrikkerig om Palmer’s se nuwe produk, Natural Bronze Body Lotion (R70 vir 250 ml), te toets. Toe ek dit aanwend, het dit soos ’n luukse lyfroom gevoel. Vitamien E sorg vir hope vog terwyl die kakao dit heerlik laat ruik. Ek het dit egalig oor my bene gesmeer en seker gemaak ek vee oor die dele van my bene waar beweging gewoonlik die verbruiner steur (enkels, agter en voor op die knieë) met ’n waslap.

FOTO: verskaf FOTO: verskaf

Ná ’n paar uur kon ek al 'n effense verskil sien. Oor ’n tydperk van ’n week het ek elke dag nadat ek gebad het van die room aangesmeer – en nee, ek het nie soos 'n oranje hoender begin lyk nie! Ek het bevind die room het eerder aan Palmer's se belofte voldoen: om vel stelselmatig ’n natuurlike bronsbruin voorkoms te gee. Boonop is die reuk nie ondraaglik soos met party ander verbruiners nie en voel jou vel sag.

Gloria Cilliers, spesialisjoernalis by SARIE