Ek bestee ongelooflik baie tyd in my motor en onderskat altyd hoe dit my vel beïnvloed, veral die vogtigheid daarvan. Al drink ek baie water, moet ek ekstra voorsorgmaatreëls tref om te verhoed dat my vel vinnig uitdroog as ek so baie op die pad is. Nimue Super Hydrating Serum (R601) is die ware Jakob om my met dié probleem te help.

phyllis_green_03_small1_300w.jpgEk wend soggens ‘n lagie van die serum oor my hele gesig aan voordat ek my vogroom aansit en glo my, dit maak beslis ‘n verskil. Die serum is ontwerp om te keer dat jou vel te veel vog verloor, want die aktiewe bestanddele versamel onder die vel en help om die vogbalans van binne af reg te hou. Dit werk vir my, maak nie saak hoeveel ure ek in die kar deurbring nie!