Kort nadat ek my haarpunte ligter gekleur het vir ’n ombré-voorkoms, het ek die geleentheid gekry om Inoar Argan Oil Shampoo en Leave-in Conditioner (R245 elk) te gebruik. Dié produkte is spesiaal ontwikkel om jou hare ekstra glans te gee én glad te hou. Dit bevat onder meer argan-olie om jou hare te voed.

Ek was aangenaam verras met die resultate, veral dié van die opknapper. Terwyl ek die produkte gebruik het, het my hare elke dag skoon en gesond gelyk. Die aanbly-opknapper het veral ’n baie ryk tekstuur wat jou hare sag laat voel. Dis boonop makliker om die koeke uit jou hare te kam wanneer jy nie die opknapper afgespoel het nie. My enigste kritiek is dat die sjampoe moeilik skuim, maar aangesien dit lank hou, kan jy net meer sjampoe per was gebruik.

Argan Oil Home Care System Inoar Argan Oil Shampoo en Leave-in Conditioner (R245 elk)

Beskikbaar by uitsoeksalonne of skakel 012 686 7067

elmari1_200w

Elmari de Vos, webjoernalis