Ek is al ’n geruime tyd ’n groot aanhanger van die salon-haarreeks Pureology se produkte en het onlangs hul Reviving Red Shampoo (R280) en Reviving Red Reflecting Conditioner (R290) probeer. Getrou aan my vorige ervarings het Pureology my weer beïndruk!

Behalwe dat die produkte vars ruik, hou ek daarvan dat ek net ’n klein bietjie sjampoe hoef te gebruik om baie skuim tussen my vingers te voel, en die opknapper het my hare seepglad laat voel.

Die groot pluspunt van die produkte is presies dít waarop die naam dui: Dit is ontwikkel om rooi haarkleur langer mooi te hou. Ek kleur my hare ’n koper-rooi en die sjampoe het die helderheid en blinkheid langer laat hou, in so ’n mate dat die komplimente ingestroom het!

Arina de Vos

Arina de Vos, SARIE-leser

Pureology is beskikbaar by uitsoeksalonne.