Dit is ’n fantastiese stileerproduk vir kort hare wat jy in ’n spesifieke rigting wil laat staan. Jy gebruik baie min van Kevin Murphy Night Rider Matte Texture Paste (R380) om ’n styl te skep en te behou. Vryf ’n klein bietjie van dié dik waks tussen jou handpalms en werk dit blitsig deur nat of droë hare. Wanneer dit met jou hare in aanraking kom, set die produk nogal vinnig. Jy moet dus ’n goeie idee van jou styl hê wanneer jy met die waks werk. Ek is mal oor die skoon, vars sitrusgeur wat jy ruik die oomblik as jy die reghoekige houer oopmaak. Die produk bevat verskeie sitrus-ekstrakte en -olies wat jou hare beskerm, voed en glansryk laat vertoon. Ek gee hierdie produk nege uit 10. Beskikbaar by uitsoeksalonne.

KEVIN-MURPHY-Night-Rider-Styling-Paste-starker-Halt-100g Kevin Murphy Night Rider Matte Texture Paste (R380)

phyllis_green_03_small1_300w

Phyllis Green, fotograaf en boekeredakteur