Ek dink ons almal onderskat die impak wat besoedeling daagliks op ons vel het. Ek bestee lang ure in my motor in spitstyd en my maag maak telkens ’n draai as ek dink hoeveel onsuiwerhede op my vel saampak. Daarom is die deeglike reiniging van my vel een van die belangrikste stappe in my skoonheidsroetine. Ek het dié superfyn poeier-afskilferaar van Givenchy, Hydra Sparkling One-Minute Glow Powder Daily Micropeeling (R585), ontdek waarmee ek my vel elke dag kan skoonmaak. Dis baie maklik om te gebruik. Jy skud ’n klein bietjie poeier in jou hand, meng dit met ’n paar druppels water en masseer die skuim vir een minuut oor jou hele gesig. Dit skilfer die dooie selle, tekens van besoedeling en olies wat saampak op jou vel baie sagkens af. My vel is skoon, vars en sysag nadat ek die produk gebruik het. Bowendien werk dit so sagkens dat ek dit elke dag kan gebruik om my vel stralend te hou. Beskikbaar by uitsoektakke van Edgars.

givenchy hydra sparkling Givenchy Hydra Sparkling One-Minute Glow Powder Daily Micropeeling (R585)

phyllis_green_03_small1_300w

Phyllis Green, senior fotograaf en boekeredakteur