'n All-in-one, soos die Engelse sê, is vir my 'n bonus. Ek het Woolworths se Blush Lip & Cheek Tint in Pink Lady (R50) getoets en dis 'n wenner: ‘n pragtige pienk skakering wat bleek wange daardie ekstra blos gee en sommer ook kleur vir jou lippe gee. Die roomformule hou vir ure en gaan nie maklik af nie.  Ek was ook bly om te lees dit is nie op diere getoets nie.

liesel_jhb_at2181896_200w- Liesel Pienaar, kantoorassistent by SARIE