Haarmodes uit vorige dekades geniet elke nou en dan weer ’n oomblik in die kollig. Eers was dit die herlewing van die perm, toe die mikro-kuif, en nou wil dit lyk asof die 90’s se gekartelde (crimped) hare óók ’n terugkeer maak. Bekendes soos die sanger Ariana Grande en supermodel Gigi Hadid is onlangs met dié superfyn golwe in hul hare gesien. Dis ook op die loopplank gewaar tydens die afgelope maand se internasionale modeweke.

thank you so much @greatesthitsabc honored & grateful to have been a part. #howwilliknow #queenofthenight

A photo posted by Ariana Grande (@arianagrande) on
Die SARIE-skoonheidspan is opgewonde om (weer) dié kenmerkende voorkoms  uit te probeer. Veral omdat kartels hope tekstuur en volume aan jou hare gee – byna soos wanneer jy jou hare sou pluiskam (tease), maar sonder om dit grof en vol koeke te laat. Dit kan selfs fyn hare voller laat lyk, berig die Amerikaanse skoonheidstydskrif New Beauty aanlyn.

Boonop is hare met ’n gekartelde tekstuur ’n goeie basis vir ’n meer elegante en formele opstyl. En met die regte gekartelde styl lyk vroue van alle ouderdomme vars en jeugdig! Kyk maar net vir die aktrise Portia de Rossi wat ’n sjiek poniestert met subtiele kartelings opgekikker het.

Die beste manier om die voorkoms te skep is om ’n spesiale kartel-hittetoestel te gebruik. Gebruik altyd ’n produk wat jou hare teen hitte beskerm vóór jy dit kartel. Wend dan ná die tyd ’n stileringsproduk wat kroeserigheid voorkom en glans gee.

Vir verskillende maniere om jou gekartelde hare te dra, kyk na dié idees:

Met los hare soos model Gigi Hadid

  On set #2 : Failing at keeping a straight face   A photo posted by Gigi Hadid (@gigihadid) on

Met ’n poniestert soos sanger Ariana Grande

love you & thank you @alexanderwangny A photo posted by Ariana Grande (@arianagrande) on

In ’n opstyl soos aktrise Emmy Rossum

Versier in ’n vlegsel

In ’n halwe opstyl

Uitgekam
Is it Halloween yet? A photo posted by Shelby Haugen (@shelhaugen) on

Gebruik dié produkte:

Lees nou

Dié jas het sy eie Instagram

Kan aknee lei tot ’n jonger vel?