’n Splinternuwe app van die Amerikaanse naelprodukreeks Nail Couture LA laat jou nou toe om jou gunsteling-foto’s op jou naels te dra. Met dié app kan jy ’n foto van jou gunsteling-patroon, materiaal of selfs jou kêrel se gesig neem en binne ’n paar dae word naelplakkers met jou eie naelkuns-ontwerp voor jou deur afgelewer.

Die naelplakkers word in verskillende groottes afgelewer en boonop gee die myNCLA-app jou ook ’n keuse tussen vier naelvorms waarmee jy ekstra flair aan jou naelkuns-ontwerp kan gee. Die plakkers word selfs internasionaal afgelewer, maar wees net doodseker oor jou ontwerp aangesien een bestelling jou sowat R320 ($29) uit die sak sal jaag.

Vere-voorkoms vir jou naels - lees meer!

Ons dink dié unieke app is perfek vir naelkuns-amateurs of vir diegene wat sukkel om heeldag by die salon stil te sit.

Dié seisoen se top-10 kleure vir jou naels

Die SARIE-skoonheidspan was so opgewonde om dié app uit te probeer, ons het sommer ons eie SARIE-naels ontwerp!

Die app is gratis beskikbaar om af te laai op jou Apple-slimfoon.

Kyk ook na dié oulike Movember-naels