Ons skoonheidsredakteur blog

Ek is mal daaroor om na enige video's oor skoonheid op die internet te kyk. So het ek al baie geleer oor hoe om verskillende grimeervoorkomste en haarstyle te skep. Hoewel daar so baie video's, webwerwe en blogs is om uit te kies, is daar ’n paar wat vir my uitstaan en waarop ek gereeld gaan klik. 

Michelle Phan

Ek het Michelle Phan ontdek toe ek na video's op die internet gesoek het oor hoe om vloeibare oogomlyner aan te wend. Tussen al die video's wat ek gekyk het, was Michelle se Eyeliner Tutorial – Pencil, Cream/Gel, Liquid die beste. Michelle het dié video al ses jaar gelede opgelaai, maar dit bly een van my gunstelinge.

Vandag is Michelle ’n reus in die skoonheidsbedryf. Meer as 1,6 miljoen mense "like" haar Facebookblad en sy inspireer vroue reg oor die wêreld met haar toeganklike tutoriale oor byna enigiets waaraan jy kan dink – van perfekte rokerige oë tot grimering vir jou Halloween-partytjie.

FOTO: Facebook FOTO: Facebook

Sy het onlangs haar eie grimeerreeks, Em, in samewerking met L’Oréal bekend gestel en ek hou duimvas dat dit eendag ook in SA beskikbaar gaan wees.

*Besoek Michelle Phan op Facebook of www.michellephan.com

Flower Beauty

Flower Beauty is die naam van Drew Barrymore se grimeerreeks en op www.flowerbeauty.com deel dié Hollywood-aktrise gereeld nuttige grimeerwenke.

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Ek was mal oor ’n video wat sy hierdie week op Facebook gedeel het oor hoe om grimering vir jou oë aan te wend as jy ’n bril dra. Klik hier om na hierdie video te kyk.

Besoek FLOWER Beauty ook op Facebook.

New Beauty

Vir enige nuus of interessante inligting oor skoonheid gaan klik ek op gereeld op www.newbeauty.com. Hier deel skoonheidskenners raad en wenke asook tutoriale oor grimering en haarstyle.

Ek sien daarna uit om hierdie geknoopte haarstyl te probeer!