Ons kon met die produkte speel en ek was veral mal oor die Flawless Finish Sponge-On Cream Makeup (R295). Hierdie onderlaag wend maklik aan, lyk baie natuurlik en laat jou vel vlekkeloos lyk.
Toe grimeerkunstenaar Nthato Mashishi wys hoe om ’n verbronser aan te wend, het ek mooi geluister, want ek weet nooit wanneer gebruik jy ’n verbronser en wanneer gebruik jy ’n blosser nie.


Elizabeth Arden se verbronser.

’n Verbronser gee jou gesig daardie “JLo Glow”, sê Nthato. As jy dit reg aanwend, lyk dit asof jy ’n gesonde gloed het (nes daardie natuurlike gloed wat jy het nadat jy vir ’n week op ’n seevakansie was). Jy wend dit aan die dele van jou gesig waar die son dit tref wanneer jy buite is: op jou oogbanke, wangbene, die brug van jou neus en jou ken. Die geheim is om te “blend, blend, blend,” sê hy. Jy moet geen strepe op jou vel sien as jy dit klaar aangewend het nie. Onthou, moenie ’n verbronser gebruik wat te donker vir jou vel is nie. Dit moenie lyk asof jy vir ure op die sonbed gelê het nie.

Gebruik ’n blosser op jou wangbene om ’n tikkie kleur aan jou gesig te gee. En ja, jy kan ’n verbronser en blosser saam gebruik, sê hy. Klik hier vir nóg blosser-opsies.

Probeer gerus Elizabeth Arden Pure Finish Mineral Bronzing Powder.


Volg Elizabeth Arden op Pinterest vir nóg wenke

Grimeervideo op Elizabeth Arden se YouTube-kanaal