Marc Anthony, die Kanadese haarkapper vir die beroemdes, het sy 10 top-haarstyle by vanjaar se Oscars gekies, wat hy met ons deel!

1. Cate Blanchett

Sy spog deesdae met 'n moderne bob wat perfek uitgeblaas was met baie volume en 'n kantpaadjie.

2. Anne Hathaway

Anne Hathaway

Dié brunet lyk altyd elegant op die rooi tapyt en met haar eenvoudige lae bolla met los stringe hare om die gesig het sy herinner aan die 1940's.

3. Reese Witherspoon

Haar hoë poniestert was netjies en elegant en het die 1960's se Bridget Bardot-voorkoms gehad - met 'n moderne kinkel.

4. Sandra Bullock

Sy het besluit op 'n deurmekaar bolla wat baie los en natuurlik gelyk het. Die natuurlike kinkel in haar hare het die styl 'n moderne voorkoms gegee.

5. Scarlett Johansson

Hoewel sy 'n baie informele styl vir so 'n geleentheid gekies het, het dit juis haar klassieke voorkoms gebalanseer. Die ligte krul het die snit vars en modern laat lyk. 6. Hailee Steinfeld
Dié 14-jarige aktrise het haar skoene volgestaan met'n elegante opgebinde styl. Sy het dit jonk gehou met 'n kopband.

7. Celine Dion

Haar pragtige lang hare, wat met 'n groot krultang versorg is, was blink en vol lewe.

8. Mila Kunis

Die 1930's was 'n sterk tema met finger waves en 'n halfdeurmekaar bolla – dit word baie los vasgemaak om modern te lyk.

9. Michelle Williams

'n Kort styl kan jou maklik laat ouer lyk as jy te veel daaraan karring, so Michelle se eenvoudige styl met die kuif is 'n beter manier om 'n pixie-styl te dra.

10. Penélope Cruz

Sy is so beeldskoon dat haar klassieke, gladde, sexy haarstyl baie goed vir haar werk.  Marc Anthony se haarprodukte is beskikbaar by Pick n Pay, Checkers Hyper en Dis-Chem.

*Vir nóg haar-inspirasie koop die April-uitgawe van SARIE.