Die Oscars is verby en die bekendes het nie teleurgestel met hul skoonheidsvoorkomste op die rooi tapyt nie! Hoewel die grimering mooi was, was dit beslis die haarstyle wat ons aandag getrek het. Hier is die gewildste voorkomste van die aand.

Los hare met golwe oor een skouer

Klassieke, los hare met glansryke golwe was die wen-voorkoms van die aand met bekendes soos Kate Hudson, Jessica Biel, Julie Delpy en Sandra Bullock wat dit oor een skouer gedra het.

Skep só glansryke golwe vir jou hare

Kort haarstyle

Bekendes soos Charlize Theron, Anne Hathaway, Jennifer Lawrence en Portia de Rossi het supersjiek gelyk met hul kort haarstyle wat teruggekam was.

Stileer jou kort hare só

Nude naels

Dit is geen geheim dat naellakke in beige en grys skakerings ’n groot trend is nie, en dit was ’n groot gunsteling op die rooi tapyt. Aktrises soos Cate Blanchett (wat die Oscar vir Beste Aktrise gewen het), Amy Adams, Julia Roberts, Penélope Cruz en nog ’n hele paar het dié voorkoms gekies.

Stap-vir-stap-manikuur tuis

Ons hou van: Lupita se haarband

Die rooitapyt-ster van die aand, Lupita Nyong'o van Kenia, het ons baie trots gemaak toe sy as die Beste Ondersteunende Aktrise aangewys is. Sy speel in 12 Years a Slave wat ook as die Beste Rolprent aangewys is. Ons was veral mal oor die haarband wat haar voorkoms perfek afgerond het! Ons dink hier kom ’n groot trend ...

Lupita Nyong'o FOTO: Bryan Crowe / ©A.M.P.A.S Lupita Nyong'o FOTO: Bryan Crowe / ©A.M.P.A.S