Kenners sê ons kies geure al hoe meer op ’n persoonlike en individuele manier, want elkeen soek iets waarvan sy hóú en wat háár pas.  

“Vroue wil hul identiteit en uniekheid versterk, daarom is daar ’n groter soeke na dít wat skaars en waardevol is. Dit is ’n interessante teenstrydigheid: soos ons ons vriendskappe wêreldwyd uitbrei [deur Facebook en Twitter], so soek ons al hoe meer ’n eie, besonderse styl,” verduidelik David White, nasionale opleidingsbestuurder by Givenchy SA.

Vandag is daar ’n wye ?spektrum van geure om uit ?te kies – groot genoeg sodat ?daar ’n geur vir elke faset van ?jou persoonlikheid is: van ?die ligste blomnote tot die swaarste Oosterse geure en ?elke geur tussenin.

Vind uit ?met watter geur jy jóúself die ?beste kan uitdruk.

OP 'N LIGTE NOOT

“Ligte geure is sinoniem met vryheid ?en geluk en word gekenmerk deur ?vrugtige note,” verduidelik Kerry ?Hewitt-Snyders, opleidingskoör-dineerder by die verbruikers-produkmaatskappy P&G ?Prestige in Johannesburg.

David White van ?Givenchy glo ook aan ?ligte geure se aantrek-kingskrag: “Dié geure is geliefd omdat hulle sorg vir ’n gevoel van varsheid en vrygewigheid.

“Ligte blomgeure is vars, skoon en toeganklik.”

Die regte bestanddele ...

“Top- en hartnote speel die grootste rol in ligte geure en sluit gewoonlik note soos jasmyn, roos en katjiepiering in,” sê Kerry.

David beaam dat bogenoemde drie ?blomnote sinoniem is met dié geur-kategorie. “Jy kry ook note soos lemoenbloeisel en gousblom,” sê hy.

Maar nie alle blomgeure is nood-wendig lig nie, dit hang alles af van die vermengingsproses en bestanddele in die formule. Swaar hartnote soos vanielje en hout sal dadelik ’n ligte geur in ’n donker een verander.

Wie sal ?daarvan hou?

Vroue met ?lewenslus, wat hul vryheid wil uitleef, is gewoonlik versot op ligte geure,” meen hy. “As jy daarvan hou om onafhanklik te wees en vroulik te voel sal jy aanklank vind by hierdie geurkategorie,” sê Kerry.

1. Sprankelende perskenote saam met die blomnote iris en mimosa maak Hilfiger Woman Peach Blossom (R585 vir 50 ml EDP) uniek.

Tommy Hilfiger

2. Lemoenbloeisel en roos geur Revlon Love Her Madly Forever (R230 vir 50 ml EDT).

Revlon Love Her Madly Forever

3. Kies ’n vrugtige blomgeur soos Avon Eternal Magic Enchanted (R330 vir ?50 ml EDP) met note van viooltjie en framboos.

Avon Eternal Magic Enchanted

4. Lelie, viooltjie en rose is vars en verfrissend in Estée Lauder se bekende Pleasures (R750 vir 50 ml EDP).

Estée Lauder Pleasures

5. Lelie en pinksterroos hou jou opgewek in Yardley Precious Petals (R240 vir 50 ml EDP).

Yardley Precious Petals

6. Frangipani, peer en bruinsuiker bring katjiepiering tot sy reg in Gucci Flora Gorgeous Gardenia (R995 vir 100 ml EDT).

Flora by Gucci


TUSSEN LIG & DONKER

“Blommerige houtnote, asook blom-en-muskus-mengsels, is eie aan dié tussenin-kategorie,” sê David.

“Dis ’n plek waar vars blomnote met Oosterse en chypre-geure [met ?vrugte-topnote, blomme-middel-note en ’n muskus-basis] ontmoet,” verduidelik Kerry.

Hierdie geure is “romerige” vermengings, maar nooit swaar nie.

Die regte bestanddele ...

“In dié geurfamilie word blomnote met muskus of sagter houtnote soos amyris of seder gemeng. Tipiese ?blomnote wat gebruik word, is ?Italiaanse suurlemoen, wit pinkster-roos, jasmyn en die dallelie [lily of the valley],” verduidelik David. “Sintetiese bestanddele word ook dikwels hier ingespan.”

Volgens Kerry sal jy ook hier die tiare-blom [uit Tahiti en bekend daarvoor dat dit jou verstand verhel-?der] sien, wat met vanielje en muskus gemeng word. Blomnote neem dikwels ’n “poeierige” eienskap aan wat afgerond word met rokerige ?amber en muskus.

Wie sal daarvan hou?

“Vroue met ’n sin vir avontuur is dol hierop. Dié vroue is sexy, vol selfvertroue en moeiteloos elegant,” sê David.

7. Roos en sandelhout ontmoet in Givenchy Dahlia Noir (R1 145 vir 75 ml EDP).

Givenchy Dahlia Noir

8. Probeer Ralph Lauren 4 For Women (R599 vir 50 ml EDT) met wilde kersie en pers amber.

Ralph Lauren 4 For Women

9. Lemoenbloeisel en wierook is besonders in Kenzo Madly (R830 vir 50 ml EDP).

Kenzo Madly

10. Diep amber in Love, Chloé Eau Intense (R880 vir ?50 ml) skep ’n interessante kinkel in die oorspronklike Love, Chloé EDP.

Love, Chloé Eau Intense

11. Aardse note soos verbena, eikemos en patsjoelie maak Clinique Aromatics (R950 vir 100 ml EDT) ’n staatmaker.

Clinique Aromatics

12. Vier jou lewensvreugde met ?viooltjie, patsjoelie en ’n tikkie vanielje in DKNY Be Delicious Paris (R620 vir 50 ml EDP).

DKNY Be Delicious Paris

VIER JOU DONKER KANT

“Donker geure is sinoniem met elegansie en sensualiteit. Dis geure? wat ons ken as Oosters en chypre,” ?sê David.

Die regte bestanddele ...

“Hier speel die swaar, sensuele basisnote die deurslaggewende rol,” verduidelik Kerry.

Oosterse houtnote is kenmerkend van donker geure met note soos sandel-, palissander- en eikehout.

“Die nuutste houtnoot waaroor gepraat word, is agar [’n soort boom-hars],” vertel David. “Dit sorg vir ’n parfuum met ’n baie kenmerkende maar steeds elegante houtgeur.”  

Oosterse geure bestaan gewoonlik uit ’n vermenging van ’n houtnoot met vanielje of iets soortgelyks aan tonkaboon, wierook en ilang-ilang.

“Die swaar hartnote kan enigiets insluit, van rokerige amber, ryk muskus of houterige patsjoelie,” sê Kerry.

Daar word nou ’n paar nuwe donker geure geskep, wat meer modern en toeganklik is. Die houtnote is nie meer so swaar nie en word met vars blomnote vermeng om moderne Oosterse geure te skep.

Wie sal daarvan hou?

“Vroue wat hulself laat geld, is aange-trokke tot donker geure,” sê David.

“Donker geure gee jou selfvertroue,” beaam Kerry. “Dit herinner ons aan ons emosionele krag wanneer ons dit dalk vergeet.”

13. Diep Oosterse houtnote vermeng met roos is besonders in Jo Malone Velvet Rose & Old Cologne Intense (R950 vir 100 ml).

Jo Malone Velvet Rose & Old Cologne Intense

14. ’n Geur vir jou én hom: kardemom, mirre en roosnote in Perfume Calligraphy van Aramis (R1 150 vir 100 ml EDP). 

Perfume Calligraphy van Aramis

15. Bergamot, mirre en amber in Yves Saint Laurent Opium (R995 vir 50 ml EDP) bly klassiek.

Yves Saint Laurent Opium

16. Patsjoelie, vanielje en tonkaboon in Chanel Coco Noir (R1 060 vir 50 ml EDP), ’n moderne Oosterse geur.

Chanel Coco Noir

17. Bitteramandel, mos en muskus maak Dior Hypnotic Poison (R745 vir 50 ml EDT) uniek.

Dior Hypnotic Poison

18. ’n Kombinasie van swart roos, saffraan en vanielje in Tom Ford Noir de Noir (R1 850 vir 50 ml EDP).

Tom Ford Noir de Noir