Aliki Price, nasionale grimeerkunstenaar by Estée Lauder, het gelukkig raad om weer jou gelaat te laat gloei: "Selfs die glansrykste vroue het hul af-dae. As jy boonop laat gaan slaap het – maar steeds die volgende dag op jou beste moet lyk – is daar maniere om 'n goeie nagrus 'na te maak'," sê sy. Hier is haar raad: ¦ Alkohol dehidreer jou vel, so sorg dat jy weer die vog terugsit met Hydra Complete Multi-Level Moisture Gel Mask (R330). Hierdie masker sal ook jou vel opplomp, versag en van fyn lyntjies ontslae raak.  ¦ Jou oë is die eerste plek waar stres sigbaar word. So probeer Estée Lauder se Stress Relief Eye Mask (R355), wat aalwyn en komkommer bevat om van pofferigheid en lyntjies ontslae te raak.  ¦ Raak van donker kringe om jou oë ontslae met Ideal Light Brush-On Illuminator (R235), wat die lig reflekteer om skaduwees te verbloem. (Sorg veral dat jy die binneste hoekies van jou oë hiermee dokter!)