Die modehuis Giorgio Armani is nog altyd bekend vir hul sjiek Italiaanse ontwerpe en hul stylvolle parfuums. Nou het een van hul gewilde mansparfuums, Armani Code Homme, ’n splinternuwe gesig: die Amerikaanse akteur Chris Pine.

FOTO: © Brigitte Lacombe FOTO: © Brigitte Lacombe

Giorgio Armani sê in ’n persverklaring dat hulle Pine gekies het omdat hy ’n magnetiese energie het: "Hy verpersoonlik die handelsmerk se gees met sy sterk charisma en natuurlike elegansie."

Pine is bekend vir sy rolle in flieks soos Star Trek, This Means War, Unstoppable en Jack Ryan: Shadow Recruit.

Hoe kies ek parfuum?

Code Homme

Armani Code is in 2004 geskep en is ’n Oosterse geur met note soos steranys, tabak, leer en suurlemoen. Dié parfuum het ook in 2006 die FiFi-toekenning (die Oscars van die geurwêreld) vir Beste Luukse Mansparfuum gewen!