Die groot aand is 7 Maart. Dan is alle oë op daardie goue mannetjie en jy kan al die bekendes deur ’n
glinsterende ring trek. G’n wonder grimeerkenners sê Hollywoodsterre word nie gebore nie, hulle
word gestileer!
Ons verklap ’n paar gunsteling-Oscar-wenners se skoonheidsgeheime – sodat ook jy rooitapyt-pragtig kan lyk. Jou beste eienskappe is jou oë en lippe


Jou rooitapytbehandeling
“Penélope se oë is dikwels reg rondom omlyn, maar hou in gedagte dat donker kleure in die vel insink. Hierdie grimeervoorkoms lyk veral goed by iemand met groot oë, maar werk nie so goed wanneer die vel om jou oë nie meer so ferm is nie. Probeer dan liewer Sophia Loren se voorkoms,” verduidelik Francois Ferreira, nasionale grimeerkunstenaar van Dior.
“As jy wil hê jou oë moet die fokus wees, gebruik ’n nude lipstiffie by Jou beste eienskappe is jou oë en lippe
Penélope
Cruz