“Die beste oomblikke in die lewe is wanneer ons in voeling is met onsself en die wêreld waarin ons leef,” sê Renchia Droganis, skepper van die Africology-velsorgreeks.

Probeer hierdie plaaslik vervaardigde produkte wat nie hoef terug te staan vir groot internasionale skoonheidshuise nie:

Benut die terapeutiese waarde van fynbos in Moya Cape Geranium Conditioner (R95).
Wees eko-vriendelik én vertroetel met Charlotte Rhys Ultimate Moisturiser (R52,50).
Laat die roos-ekstrak in Africology Rose Serum (R430) jou vel verkwik.