Ons hou dié rooitapyt-seisoen nie net die Hollywood-sterre dop vir skoonheidsinspirasie nie, maar ook ons eie plaaslike bekendes! Hier is ons gunsteling-voorkomste by gisteraand se première van die Afrikaanse drama Faan se Trein.

Pienk en rooi lippe

Verlede jaar het helderpienk lipstiffies die skoonheidswêreld oorgeneem en dié jaar is dit steeds ’n groot tendens. As pienk nie jou kleur is nie, is ’n rooi lip óók in die kol. Anel Alexander, Leandie du Randt en Amalia Uys het dié skakerings met selfvertroue gedra.

Ons hou daarvan dat Anel gekies het om dieselfde pienk as dié van haar rok te dra. Om jou grimering by jou rok te laat pas was ’n groot tendens by vanjaar se Screen Actors Guild Awards - kyk hier na die trends by dié geleentheid.

Anel Alexander FOTO: Gloria Cilliers Anel Alexander FOTO: Gloria Cilliers

Kies só die regte rooi lipstiffie vir jou

Helder naels

Naelkuns is steeds ’n reusagtige tendens, maar ons het by dié jaar se rooitapyt-geleenthede al hoe meer eenkleurige naels gesien. Ons was veral mal oor Leandie du Randt se helderblou skakering wat perfek by haar rok gepas het! As jy skrikkerig is vir ’n helder kleur, is ’n nude skakering ook hoogmode.

Leandie du Randt FOTO: Elmari de Vos Leandie du Randt FOTO: Elmari de Vos

Ons probeer naelkuns!

* Faan se Trein begin Vrydag, 24 Januarie, in teaters draai.