Wat is van jou gunsteling-ervarings met grimering? 

Teen die tyd dat ek hoërskool toe gegaan het, het my vriendinne gevra dat ek hul grimering vir prom doen. Grimering is ’n groot deel van wie ek is. Ek is mal oor die potensiaal wat dit het om ’n mens te transformeer; jy kan ’n nar of ’n prinses word. Grimering gee jou die unieke vryheid om iemand anders te wees vir ’n dag, 10 minute of die res van jou lewe. Jy kan daar agter wegkruip, maar dit kan jou selfvertroue ook gee. 

Hoe sou jy jou voorkoms beskryf? 

My voorkoms is "put together". Ek hou nie daarvan om super glamorous te lyk nie, dis nie wie ek is nie. Ek is gedrewe, maar ook mal oor grimering. Ek het altyd oogomlyner aan, my hare is altyd gedoen en ek dra my plat, swart skoene. 

Wat is die verband tussen jou musiek en grimering? 

Ek is ’n kind van die 80’s. Toe ek so vyf jaar oud was, is MTV (Music Television) onwettig verklaar op my tuisdorp en ek het gevoel asof ek op ’n verlate eiland gestrand is met die musiek van Cyndi Lauper en Boy George. Hulle wou hê dat jy aandag skenk aan hul musiek én grimering! Ek is mal oor hul musiek sowel as hul voorkomste wat ’n generasie gedefinieer het. So daar’s vir my ’n sterk verband. 

Waar kom jou gevoel vir kleure vandaan? 

Ek’s nog altyd mal daaroor. Dalk het dit te doen met The Wizard of Oz. Dit was vir my die wonderlikste oomblik ooit – toe die fliek kleur word. 

Wat was die inspirasie agter die kleure van die reeks? Is daar ’n tema? 

Om in staat te wees om kleure te kombineer en die vermoë om goed te lyk aan meisies met enige veltoon en velsoort. 

*Vanaf Junie beskikbaar.