Die nuwe velsorgreeks van Pond’s, Gold Radiance, bevat fyn stukkies egte goud. En om dié nuwe reeks te vier het die handelsmerk met die bekende Suid-Afrikaanse mode-ontwerper David Tlale kragte saamgespan, wat couture-rokke met bypassende juwele ontwerp het. En jy kan dit wen!

Die reeks, wat uit ’n gesigreiniger, serum, dag-, nag- en oogroom bestaan, gee jou vel se selle nuwe energie sodat jy jonk en glansend lyk.

Foto's: So lyk die ontwerpe deur David Tlale wat op die spel is.

Koop jy enige produk in die Pond’s Gold Radiance-reeks, dan het jy die kans om een van 10 unieke ontwerpe deur David te wen! Dié ontwerpe is 5 couture-rokke en 5 bypassende goue juweelstukke.

Kyk hier na hoe die reeks David geïnspireer het

Skryf so in

[box:full:both:red]

Besoek www.ponds.co.za vir jou naaste winkel met 'n Pond’s-skoonheidskonsultant. Gee die betaalstrokie vir jou Pond’s Gold Radiance-produk vir die konsultant om in te skryf.

[/box]