Het jy al ooit gewonder hoe skoonheidstandaarde tussen kulture verskil? Om dié vraag te beantwoord, het die Amerikaanse radiojoernalis Esther Honig foto’s van haarself aan grafiese ontwerpers in meer as 25 lande reg oor die wêreld gestuur saam met ’n eenvoudige versoek: “Maak my mooi.” Grafiese ontwerpers van onder meer Sri Lanka, die Filippyne en Kenia het toe haar foto vir haar teruggestuur ná hulle haar volgens hul land se standaarde “mooi” gemaak het. Lupita Nyong'o se inspirerende toespraak oor skoonheid Volgens Esther wys haar projek, Before & After, hoe skoonheidstandaarde deur persoonlike en kulturele idees beïnvloed word. Dit beklemtoon ook hoe foto-manipulering onnatuurlike skoonheidstandaarde vir ons stel.

Kyk hiér na Esther Honig se Before & After foto’s.

Stem jy saam met haar?

Hoe blinde mense skoonheid sien - lees meer