ELIZABETH HURLEY gesig van Estée Lauder

Met ’n onlangse kuier by Estée Lauder in Londen het SARIE-redakteur, Michélle van Breda, dié grimeersakkie met Elizabeth se 5 gunsteling-produkte as geskenk gekry.
1. Tender Blush
(nie meer beskikbaar nie, vervang deur Signature Blush).
2. Pure Color Crystal-lipstiffie het die delikate geur van vars vye.
3. Perfectionist (CP+) Wrinkle Lifting Serum versnel kollageenproduksie binne twee uur.
4. Artist’s Eye Pencil se sagte potloodpunt omlyn oë gemaklik. Versag die lyn met die ‘smudger’ aan die agterkant.
5. Pure Color Crystal Gloss in Honey Glaze sorg vir glinsterende afronding.

1.   2.  3.  4.  5.

ANNA MART VAN DER MERWE
aktrise

Cosmetique 2000 Concepts Resurgence Serum verskaf daardie ietsie ekstra vir my vel. Ek gebruik al 20 jaar die reeks se velrome, oogrome en verfrisser, maar ek moet sê, dié serum is nou my staatmaker. Ek gebruik dit voor ek my vogroom aansmeer. Dit help dat die room beter absorbeer en maak fyn lyne gelyker.

ADELE DU PLESSIS
Kommunikasie-direkteur, REVLON SA

Die nuwe Revlon Lash Fantasy Total Definition. Ek is absoluut obsessief oor maskara! Om dit aan te sit, is ’n ontspannende ritueel. Ek is ’n ‘closet painter’... en my wimpers die doek. Dié spesifieke maskara se kleur is ongelooflik en buiten die voedende bestanddele en intense kleur het dit ’n tweepuntige borsel wat elke wimper perfek definieer - so geen wimpers wat saampak nie!

ADELLE JUNG
grimeerkunstenaar

Kanebo 38 °C Mascara. Dis smeerbestand - jy kan daarmee swem of sport beoefen. Wanneer jy dit wel afwas, smeer dit af in swart rubbertjies en los jou nie met meerkat-oë nie. Dit was ook net af in warm water (38 grade of hoër).

LEIGH TOSELLI
skoonheidskenner

Elemis Cellular Recovery Skin Bliss Capsules. Ek is versot daarop want ek kan regtig sien hoe fyn lyntjies verdwyn. Soos ek ouer word, is dit ook al hoe moeiliker om my vel vogtig te hou en hierdie oliekapsules wérk. Dit is nog ’n bietjie ongewoon om ’n olie as bevogtiger te gebruik, maar beslis die moeite werd!

LEANA CLUNIES-ROSS
fotograaf

Matis se Réponse Corrective Wrinkle Correcting Care is ideaal wanneer ek nodig het om my gesig bietjie “uit te pof”. Soms sit ek net ’n bietjie aan my nek as ek van plooie ontslae wil raak.