Ons mis ons gunstelingsangers op die verhoog en die SARIE-skoonheidspan wou by Riana Nel hoor hoe dit met haar gaan. Sy het ook ons skoonheidsvrae beantwoord en van haar velsorg-, grimeer- en haargeheime verklap.

FOTO Willem Botha

Keer op keer bereik Riana se albums platinumstatus, iets wat volgens haar te danke aan genade is. Verlede jaar het sy weekliks op die kassie as mentor in die gewilde The Voice verskyn. In Maart vanjaar het sy haar derde seuntjie net voor die nasionale inperking verwelkom. “Ek het geboorte gegee net voor die lockdown en wens sy ouma en oumie kon hom vashou.”

View this post on Instagram

Love??

A post shared by RIANA NEL (@riananelofficial) on

Riana is dankbaar vir die tyd saam met haar gesin. “Tyd saam met my man en kinders is presies waarvoor ek so gehoop het. Daar is mense en dinge wat ek mis, maar ek hou van ons nuwe roetine. Ons maak ’n vuurtjie in die aand en speel op die gras. My babatjie is nou agt weke oud en dit is maar bedrywig. Mens kry gou ’n ritme en dan is dit beter.”

Nie net het sy haar hande vol met drie kinders nie, maar sy skryf steeds liedjies en het private aanlyn optredes saans. So wanneer die kinders slaap, benut Riana haar tyd goed. 

View this post on Instagram

Eerste private zoom optrede wat vet pret! #lockdownshows

A post shared by RIANA NEL (@riananelofficial) on

“Elke dag is opwindend as ek gaan sit om liedjies te skryf vir mense wat hul stories vir my gestuur het. Hulle deel baie diep verhale en ek probeer dit vir hulle in ’n lied sit. Ek het al liedjies geskryf vir toekomstige mans en herdenkings. Dan ook vir mense wat iemand verloor het en babatjies wat net tot 28 weke geleef het. Dis amazing om deel te raak van hul stories. Dit voel asof ek almal so goed leer ken.” 

Riana bly positief want al voel alles onseker, is daar daagliks wonderwerke wat gebeur. “As jou buurvrou piesangbrood stuur en ’n ander vriend mango’s aflaai. Die wintermiddagson en die baie WhatsApp-oproepe met vriende en familie. Dit voel amper asof ons nou meer gesels.”

Riana oor haar hare ...

FOTO Instagram / Riana Nel

Wat is jou gunsteling-haarproduk?

Wella se haarsorgprodukte is haar gunsteling. Riana vertel dat sy die gesels en cappucino by Stijl Salon in Garsfontein mis. Baie aanhangers wonder altyd oor haar pragtige, welige donker hare, sy verklap dat sy nie haarverlengings dra nie as iemand daaroor wonder.

Enige haaruitdagings en hoe oorkom jy dit?

Deur my swangerskap het my hare so lekker sterk geword, maar amal weet dat so drie maande na jy geboorte gee, dan begin dit uitval. So dis belangrik om te kyk na jou vitamiene en gesondheid. En dit maaar nie te ernstig te vat nie!

Wat is jou gunstelingstyl om jou hare in te dra?

Ek dra amper altyd my hare los of in ’n kant vlegsel. My man hou van dit los en reguit en ek hou van dit gekrul!

Riana oor grimering ...

FOTO Instagram / Riana Nel

Wat is jou gunsteling-grimeerprodukte?

Ek is mal oor M.A.C en L.A. Girl. Ek het seker al alles probeer en die goeie behou. Ek doen altyd my eie makeup by shows soos Afrikaans is Groot en op The Voice. Ek het net nie tyd om vir ure te sit vir makeup nie en dit gee my kans om te dink. So bietjie me time voor ’n optrede.

Wat is jou gunsteling-grimeervoorkoms? 

Ek is mal oor ’n smokey eye en nude lip en contour is baie belangrik. As ek die dag vol selfvertroue is of wil wees dan sal ek ’n diep rooi lip van M.A.C (Ruby Woo) dra.

M.A.C Retro Matte Lipstick in Ruby Woo (R260)

Riana oor velsorg ... 

FOTO Instagram / Riana Nel

Jou moet-hê-velsorgprodukte?

Ek gebruik Johnson & Johnson se gesigwas, soms sommer Nivea se produkte ook. Ek hou van iets wat lekker ruik, ek onthou my ma se gesigroom het altyd so lekker geruik as ek haar nag gesoen het.

Enige veluitdagings en hoe behandel jy dit?

Ouer word. Dis seker maar hoe die wiel draai. Die lag lyntjies en my fronslyne is maar opvallend, maar dit herinner my aan ’n mooi liedjie (The Story) en dan voel ek dit was worth it om hul te hê. Dit wys jy was êrens en het gelewe. Jy kan nie mooi vir altyd wees nie.

Enige velsorgraad aan ander?

Ek het eens ’n Kardashian gehoor sê dat jy nie op jouself moet lê nie. Ek het eers nie verstaan nie, maar dit maak sin! Mens moet maar probeer om op jou rug te slaap sodat niks verrimpel nie. Ek kry dit nie reg nie want ek slaap graag op my maag en sye! My raad sou wees om baie water te drink en vars, rou kosse wat baie aanvullings bevat te eet. Besoek ook ’n goeie skoonheidsalon vir ’n facial.