Beveg donker kringe en pofferige oë met Clinique All About Eyes Serum (R275). Die koue metaalballetjie en jel-serum werk saam om sirkulasie te verbeter en jou oë te bevog.

As jy sukkel om ’n foutlose afwerking met jou onderlaag te kry, beproef L’Oréal Roll’on True Match (R204,95). Die formulering krummel nooit nie en die rollertjie sorg dat die onderlaag maklik en foutloos aangly.