"Selfvertroue en iemand wat weet waar haar sterk punte lê en dit beklemboon , is wat 'n vrou vir my mooi maak," sê Rolanda Marais (Stefanie in Binnelanders)

In die Julie-uitgawe van SARIE (nóú te koop) praat sy oor haar eie skoonheidsroetine, watter produkte vir haar werk en oor die grimeerfout wat meeste vroue maak.

Plus! Grimeerkunstenaar, Lesley Whitby, wys hoe jý Rolanda se feesvoorkoms kan kry en ander grimeer-ghoeroes verklap stylgeheime en vertel wat in húlle grimeersakkies is.