• Ek het my huidige styl gekies, want ek is ’n strand-en-branderplankmeisie en ek voel dat dit by my voorkoms pas.
  • Die grootste uitdaging met my hare is om dit in ’n goeie toestand te hou omdat ek heeldag in die son en see is. Dan is daar ook fotosessies waar die stilering my hare verniel.
  • My gunstelinghaarproduk is die Brazilian Blowout [’n salonbehandeling wat krulhare reguit maak], want dis ideaal vir daardie dae op die strand wat ek nie my GHD-stileeryster (R1 600) byderhand het nie – my ander gunsteling.