Parfuum geïnspireer deur sterk vroue

Katy Perry (eintlik Katheryn Elizabeth Hudson) se derde parfuum, Killer Queen (R395 vir 30 ml EDP), is binnekort ook in Suid-Afrika beskikbaar. Dié parfuum bevat note soos wilde bessies, donker pruim, bergamot, rooi fluweelblomme, jasmyn, patsjoelie en pralien. Sy sê die idee van ’n sterk vrou met selfvertroue en mag was haar inspirasie vir dié geur.

Kyk hier na die amptelike advertensie van Killer Queen, wat vanaf Oktober op die rak is.

Katy Perry

Wys jou wilde kant

Die nuutste geur deur Shakira, Wild Elixir (R510 vir 80 ml EDT), is ’n Oosterse blomgeur met note soos mandaryn, kaneel, perske, lemoenbloeisel, kanferfoelie, sandelhout en patsjoelie. Catalina Estrada, ’n kunstenaar uit Shakira se geboorteland Colombië, het hierdie parfuum se boksie ontwerp, wat die atmosfeer van die savanna met warm kleure vasvang.

Shakira

Lees hier meer oor Shakira se onlangse vakansie.