Ryan, wat al in die UEFA-toernooi sokker gespeel het, het saam met Bergasol hul sonroom-reeks, wat nou vir die eerste keer in SA beskikbaar is, by ons kom aflewer.

In 1969 het Bergasol in die Franse Riviera begin produkte verkoop wat jou help om ’n mooi sonbruin vel op ’n veilige manier te kry. Vandag kan jy vir die eerste keer ook in Suid-Afrika Bergasol se sonbrandrome én rome wat jou vel bevogtig nadat jy in die son was, koop!

Met produkte waarvan die SBF wissel tussen 10 en 20 is die Bergasol-reeks ideaal om die perfekte somervel vir die lente te kry! Dié reeks bestaan uit die Bergasol Tanning Lotion (R170), Bergasol Protective Tanning Dry Oil (R210), Bergasol Continuous Spray Mist (R200), Bergasol Radiant Face Cream (R275), Bergasol Skin Soothing and Tan Intensifier Spray (R160) en Bergasol Moisturising Cream and Tan Intensifier (R150).


Jy kan dié produkte voortaan by jou naaste Sorbet-winkel koop.