Die internasionale skoonheidshuis Redken spog met vyf blonde "heldinne" in ’n advertensieveldtog vir hul nuwe Blonde Idol-reeks en een van hulle is ’n Suid-Afrikaner!

Danielle Williams is in Durban gebore en het reeds op 16 begin met deeltydse modelwerk. Intussen het sy al vir modehuise soos Hugo Boss en Calvin Klein op die loopplank verskyn, asook in ’n advertensieveldtog vir die Europese modehuis Belmondo. Dié platinumblond het egter eers verlede jaar New York toe getrek, waar sy nou bly en werk.

Ons toets: Redken-haarjel

“Blondines het meer pret omdat hulle daarmee kan wegkom,” het Danielle in ’n video vir die Redken Blonde Idol-advertensieveldtog, wat ook in New York geskiet is, gesê. In die video verklap sy ook onder meer wie háár blonde heldin is, wat sy doen vir pret en die dinge wat haar inspireer.

Sy het selfs onlangs as model in ’n mode-fotosessie in SARIE verskyn!

FOTO: Justin Badenhorst @ Infidels GRIMERING & HARE: Nandi Kai van One League MODEL: Danielle Williams by Boss Danielle Williams te sien in die Junie 2014-uitgawe van SARIE FOTO: Justin Badenhorst @ Infidels
GRIMERING & HARE: Nandi Kai van One League

Kyk hiér na Danielle se video wat deel is van die Redken Blonde Idol-advertensieveldtog.

Die Redken Blonde Idol-produktereeks is beskikbaar by uitsoeksalonne. Pryse wissel tussen R236 en R435. Skakel 086 111 3964.

  Bekende aanbieder se top-3 skoonheidsprodukte - lees meer!