Ons het met Chi Chi gesels oor dié ervaring:

Hoe het dit gebeur dat jy Lily se naels doen?

Lily het op Google gaan soek vir iemand wat in Kaapstad naelkuns doen en op my webblad afgekom. Sy het my toe gekontak om eers in ’n persoonlike hoedanigheid haar naels te doen en later om die voorkoms vir haar musiekvideo te skep.

FOTO: Verskaf FOTO: Verskaf

Watter voorkomste wou sy hê?

Sy het die eerste keer gevra dat ek elke nael in ’n ander helder kleur verf (Lily het lang naels met ’n amandelvormige punt). Op die eerste dag wat die musiekvideo verfilm is, het ek ombré-naels wat haar naeltegnikus gestuur het aangewend. Daar was ook prentjies van diere wat ek moes opplak. Op die tweede dag het ek ’n blou-na-wit ombré geskep en klein wolkies wat pas by die naam van die liedjie, Air Balloon, geverf.

SA haarkapper doen Sienna Miller se hare

FOTO: Verskaf FOTO: Verskaf

Lily het in die verlede al poniekoerante se voorblaaie gehaal toe sy blykbaar groot name in die musiekbedryf, soos Amy Winehouse, Kylie Minogue, Bob Geldof en Katy Perry, beledig het. Sy het ook na bewering ’n kameraman aangeval en rassistiese uitsprake gelewer.

Hoe is Lily werklik?

Sy is só plat op die aarde en nederig. Sy was baie besorg oor almal op die stel.

Was jy op jou senuwees om met ’n internasionale ster te werk?

Baie, maar toe ek eers met haar begin gesels, het sy my op my gemak laat voel.

* Besoek Chi Chi se webblad by www.nailsbychichi.co.za vir stap-vir-stap naelkuns.

FOTO'S van Lily se besoek in die Kaap. Klik HIER!