Dié lipstiffies het die lewe van Gabrielle “Coco” Chanel gevier en was in ’n verskeidenheid pienk skakerings beskikbaar – perfek vir elke veltoon.

Vanjaar het Chanel ’n nuwe reeks in dieselfde pienk skakerings van Rouge Coco bekend gestel, maar dié keer blink dit ook!

Rouge Coco Shine – wat in 25 skakerings beskikbaar is – gly oor jou lippe en gee ’n ligte skynsel wat jou glimlag verhelder. Dit bevat ’n Hydratender-kompleks wat jou lippe vir tot agt uur aaneen vogtig hou.

Die gesig van dié reeks is die Franse sangeres en model Vanessa Paradis, wat ook die gesig vir Rouge Coco is.

* Die lipstiffies is reeds by uitsoektakke van Edgars beskikbaar teen R315 stuk.