Dove intensive repair Conditioner (R37)
Dié fantastiese produk maak my lang hare sag en hanteerbaar. Vandat ek dit gebruik, sukkel ek glad nie meer met ’n jeukerige kopvel nie. Dit laat my hare ook heerlik ruik.
Body Shop Strawberry Body Butter (R125)
Ek gebruik dié geurige room minstens twee keer per dag. Dit word vinnig geabsorbeer en laat jou vel fluweelsag voel. Jy ruik ook heeldag na soet aarbeie, goed genoeg om te eet!
Kate Moss vintage Muse (R345 vir 50 ml EDT)
Dié sagte parfuum in sy fraai pers botteltjie laat my voel asof ek ’n eertydse silwerdoekster soos Audrey Hepburn of Greta Garbo kon gewees het. Dit het ’n subtiele geur van pruime en sjokolade. (Te kry by Edgars, Dis-Chem en Clicks.)