Die gewilde televisiepersoonlikheid Sharon Osbourne en haar ewe gewilde dogter, Kelly, het albei op sosiale media onthul dat hulle ’n grimeerreeks saam met die skoonheidshuis M.A.C geskep het!

Sharon, ’n aanbieder op die kletsprogram The Talk, het ’n foto van een van die palette in die reeks op haar Twitter (@MrsSOsbourne) gedeel en sommer terselfdertyd bekend gemaak dat sy en haar dogter ’n reeks vir M.A.C ontwikkel het.

FOTO: Twitter FOTO: Twitter

Kelly, ’n aanbieder op die program Fashion Police, het óók die nuus onthul toe sy ’n foto van een van hul lipstiffies op Instagram (kellyosbourne) gedeel het.

FOTO: Instagram FOTO: Instagram

Die reeks word eers in Junie vanjaar internasionaal bekend gestel. Ons hoop dit kom ook SA toe!