Shashi is in 2011 as FHM se sexyste vrou in die wêreld aangewys is. Dié model het al in die sepies Backstage (e.tv), Generations (SABC1) en Egoli (M-Net) gespeel en was boonop in die televisie-advertensies van onder meer Sun International, Woolworths en Nivea.

Haar hare was nog altyd een van haar belangrikste bykomstighede wanneer sy mooi moes lyk en voel, sê sy.

Shashi saam met Koleston se ambassadeur, Carl Isaacs. Carl is 'n internasionale haar- en grimeerkunstenaar.

Shashi se haarkleur-wenke:

  • Hou altyd jou veltoon en individuele styl ingedagte wanneer jy op ’n kleur vir jou hare besluit. Kies ’n skakering wat dié eienskappe komplementeer.
  • As jy fyn hare het, werk ’n bruin skakering goed. Een skakering donkerder as jou natuurlike haarkleur laat jou hare dikker lyk.

*Koleston Colour Crème (R150) is in 20 skakerings beskikbaar by Dis-Chem en Clicks.