Skep die perfekte krulle só:

Stap 1 & 2 Was jou hare met ’n sjampoe en opknapper wat vir krulhare geformuleer is. Kam jou hare terwyl dit klam is, en wend ’n produk aan wat jou krulle gaan bevogtig en beskerm wanneer jy dit stileer.

Stap 3: Deel jou hare in seksies. Gebruik nouer dele vir stywe krulle, en breër stukke vir los krulle.

Stap 4: Draai elke seksie om jou vinger om dit vorm te gee.

Stap 5: Blaas jou hare met ’n diffuser droog. Moenie jou hare borsel of kam wanneer dit droog is nie. Gebruik liefs jou vingers as jy die krulle van mekaar wil losmaak.

* Trevor Sorbie se reeks produkte is eksklusief by Dis-Chem beskikbaar.