Die naweek se Amerikaanse musiektoekennings het gesorg vir ’n samekoms van musieksterre  soos Taylor Swift, Rita Ora en Fergie. En soos altyd het vanjaar se mode- en skoonheidsvoorkomste op die rooi tapyt nie teleurgestel nie.

Hiér is die SARIE-skoonheidspan se vyf gunsteling-skoonheidsvoorkomste

1. Die aktrise Elizabeth Banks het geskitter met haar helder koraalkleurige lippe en interessante vlegsel-haarstyl. Die lipstiffie-skakering pas perfek by haar gelaat- en haarkleur, terwyl die klein vlegsels in haar hare gemaklik, maar steeds glansryk is.

Sterproduk: REVLON ColorBurst Matte Balm in Audacious (R130)

Revlon ColorBurst Matte Balm in Audacious (R130)

Jou mooiste rooi met skoonheidshuis se nuwe reeks - lees meer!

2. Kendall Jenner se foutlose vel het ons groen van jaloesie. Die silwer glans op haar oë komplementeer haar rok perfek, terwyl sy haar lippe en hare subtiel en eenvoudig gehou het.

Sterproduk: Clarins True Radiance Foundation SPF 15 in Honey (R415)

clarins true radiance foundation

3. Ons is mal oor die aktrise Kate Beckinsale se rokerige oë. Dit skep drama en laat haar bruin oë uitstaan. Boonop was swart vanjaar ’n groot tendens op dié rooi tapyt.

FOTO: Instagram (@essiepolish) FOTO: Instagram (@essiepolish)

Sterproduk: YSL Couture Palette Collection in No 1 Tuxedo (R695). By Edgars in Sandton City

Die YSL Tuxedo-palet

4. Donker grimering wat herinner aan die 90’s is dié seisoen ook groot. Die aktrise Lucy Hale was in die kol met dié voorkoms met haar dieppers lipstiffie en sterk beklemtoonde wenkbroue.

Sterproduk: CK One Color Brow Pencil and Gel Duo in Foxy Redhead (R245)

ck brow duo

Kry só ekstra woema vir jou hare

5. Rita Ora was vrolik en elegant in heldergeel. Ons hou daarvan dat sy die geel skakering van haar rok op haar oë herhaal het vir ’n tikkie kleur. Haar knoop-bolla is ook ’n lekker haarstyl om na te boots vir die komende somer.

FOTO: Instagram (@ritaora) FOTO: Instagram (@ritaora)

Sterproduk: Toni & Guy Glamour Firm Hold Hairspray (R120). By Clicks

toni n guy glamour hairspray

Naweekwenk: Wonder-wenkbroue