Hollywood se toekenning-seisoen het die afelope naweek amptelik afgeskop met die gewilde Golden Globe-toekennings. Hoewel almal gewoonlik gons oor sterre se keuses van aandrokke, kan die skoonheidsvoorkoms daarby ’n uitrusting maak of breek. Vanjaar was die groot tendense rooi lippe, elegante los hare en subtiele grimering wat natuurlik lyk.

Hiér is ons gunstelinge:

Salma Hayek

Die aktrise Salma Hayek het gestraal met sagte en natuurlike grimering wat perfek by die tekstuur en skakering van haar Alexander McQueen-rok gepas het. FOTO: Instagram (@goldenglobes) FOTO: Instagram (@goldenglobes)

Naomi Watts

Naomi Watts se rooi lippe en elegante haarstyl het haar heldergeel rok perfek gekomplementeer. Vir seker ’n voorkoms om dié somer nog uit te probeer.  

Hiér is ons 10 mooiste mode-gunstelinge by die Golden Globes

Emma Stone

Ons is mal oor Emma Stone se vurige haarkleur en bypassende rooi lippe. Die sagte golwe van haar bob is gemaklik, terwyl haar rooi lippe sorg vir ’n tikkie glans.

Nuwe jaar, nuwe haarkleur... lees meer hiér!

Jenna Dewan Tatum

Aktrise Jenna Dewan Tatum het geskitter aan die sy van haar man, Channing Tatum. Met haar rooi lippe en golwende hare is sy in die kol. Boonop was middelpaadjies ook ’n groot tendens op vanjaar se rooi tapyt. FOTO: Instagram (@channingtatum) FOTO: Instagram (@channingtatum) Nóg foto's van glans-paartjies by vanjaar se Golden Globes

Reese Witherspoon

Die 38-jarige Reese Witherspoon, wat genomineer is vir haar rol in die rolprent Wild, het geskitter met ’n voorkoms wat herinner aan die styl van ou Hollywood.