Die jaarlikse Met Gala, een van Hollywood se gewildste geleenthede, het gisteraand plaasgevind by die Metropolitan Museum of Art in New York. Dié glansgeleentheid word jaarliks gehou as ’n fondsinsameling vir dié museum se Costume Institute-uitstalling en word gekenmerk aan ’n unieke tema wat elke jaar vir die uitstalling gekies word. Vanjaar was die tema China: Through the Looking Glass.

Die groot skoonheidtreffer op vanjaar se rooitapyt was verseker helder rooi lippe en los en deurmekaar haarstyle. Hoewel dit ’n moeilike keuse was om gunstelinge te kies, het dié vyf skoonheidsvoorkomste vir die SARIE-skoonheidspan uitgestaan.

Die mooiste rokke by vanjaar se Met Gala

Kate Hudson

kate hudson FOTO: Gallo Images/ Getty Images

Ons is mal oor: Haar rooi lippe en losgemaakte hoë bolla (top knot).

Dakota Johnson

472209538 FOTO: Gallo Images/ Getty Images

Ons is mal oor: Haar dramatiese katoog-voorkoms en haar koraalkleurige lippe wat perfek by haar gelaatskleur pas.

VIDEO: Bobby van Jaarsveld se 'tatta' vir sy tatoes

Diane Kruger

Diane Kruger FOTO: Gallo Images/ Getty Images Diane Kruger FOTO: Gallo Images/ Getty Images

Ons is mal oor: Die vars blomme in haar hare en haar sagte krulle - dit gee haar ’n vroulike en romantiese voorkoms

Alexa Chung

FOTO: Instagram (@chungalexa) FOTO: Instagram (@chungalexa)

Ons is mal oor: Haar pienk rokerige oë wat haar ’n jong en sexy voorkoms gee

Carey Mulligan

Carey Mulligan FOTO: Dimitrios Kambouris, Getty Images Entertainment Carey Mulligan FOTO: Dimitrios Kambouris, Getty Images Entertainment

Ons is mal oor: Haar donker lippe en gedefinieerde wenkbroue. Die skakering op haar lippe is treffend, terwyl haar wenkbroue haar gesig goed afrond.

Baie bekendes het voor dié glansgeleentheid foto's op hul Instagram-profiele gedeel soos wat hul gereed maak vir die rooitapyt.

Wat beteken die prinses se naam nou eintlik?