Die jaarlikse MTV Video Music Awards is ’n geleentheid vir bekendes om te eksperimenteer met hul uitrustings en voorkoms. Hiér is die SARIE-skoonheidspan se gunsteling-skoonheidsvoorkomste by vanjaar se toekennings.

Kendall Jenner

FOTO: Instagram (@kimkardashian) FOTO: Instagram (@kimkardashian)

Ons is mal oor Kendall Jenner (heel links) se lang wimpers, nude lippe en gloeiende vel – presies in die kol vir vanjaar se somer-tendense.

Lucy Hale

FOTO: Instagram (@lucyhale) FOTO: Instagram (@lucyhale)

Dié ster van die Amerikaanse tiener-dramareeks Pretty Little Liars het gespog met ’n deurmekaar poniestert met baie volume.

Kyk hiér na ons gunsteling-uitrustings by die MTV Video Music Awards

Kelly Rowland

FOTO: Instagram (@kellyrowland) FOTO: Instagram (@kellyrowland)

Die swanger Destiny’s Child-sanger, Kelly Rowland, het glansryk en vroulik gelyk met haar vlegsel-kroon en pastelpienk lippe.

Nina Dobrev

FOTO: Instagram (@mtv) FOTO: Instagram (@mtv)

Vir ’n moeitelose aandvoorkoms kan jy met welige wenkbroue en ’n bypassende rooi lipstiffie, nes die aktrise Nina Dobrev, nie ’n fout maak nie.

MTV-toekennings: Die beste en swakste geklede vroue

Gwen Stefani

FOTO: Instagram (@mtv) FOTO: Instagram (@mtv)

Musiek-veteraan Gwen Stefani lyk soos altyd stylvol en uniek. Ons is mal oor haar interessante maar gemaklike haarstyl en helderpienk lipstiffie.

Taylor Swift

FOTO: Instagram (@jlo) FOTO: Instagram (@jlo)

Taylor Swift se turkoois oogomlyner het ’n gewaagde en speelse voorkoms geskep – perfek as jy lus is om te eksperimenteer.

Ons gunsteling-skoonheid op die rooi tapyt - lees meer!